Elizabeth-Ann en Alan Auld is nuwe intrekkers, saam met hulle Miniatuur Dobermann Pincher, Pixie.

Hulle kom oorspronklik van die Suidelike voorstede waar beide grootgeword het. Alan se pa was ‘n direkteur van Starke Ayres Kwekery.

Alan het ‘n elektriese besigheid gehad en was later betrokke by ‘n digitale drukkery. Hy is nou semi-afgetree, maar om  homself besig te hou is hy nog bedrywig in die eiendomsmark en is beskikbaar vir enige konsultasie. Elizabeth-Ann werk nog voltyds by ‘n belasting konsultasie kantoor in Goodwood waar sy hoofsaaklik verantwoordelik is vir die opleiding van nuwe werknemers.

Hulle het voorheen in Milnerton en Oak Glen gewoon voor hulle hul hier kom vestig het.

Ons wens hulle ‘n lang en gelukkige verblyf hier in St. Johannis Park toe.