Mnr en mev Tom en Jacoba Fourie is nuwe inwoners in St. Johannis Park. Hulle kom al die pad van Upington.  Hulle het twee  dogters – een in Durbanville en die ander in Stellenbosch.  Die dogters het hulle hierheen gebring want soos Jacoba sê “Die ouderdom het hulle ingehaal”.  Hulle mis soms hulle mooi groot tuin en natuurlik al hulle vriende , maar dit is heerlik dat hulle skoonseun, wat hier naby werk, elke dag by hulle inloer en hulle dogter dikwels ook.  Die rede waarom ons die Fouries uitsonder as nuwe intrekkers, is omdat Tom die oudste nuwe intrekker is, hy word vanjaar 92.  Ons bewonder iemand wat op so ‘n rype ouderdom so aanpasbaar is.  Ons wens vir hulle nog baie gelukkige jare hier in ons oord.