Donderdagmiddag die 17de Januarie was die vuur om 5nm. reeds aangesteek vir die eerste Park braai van die jaar. Met stoele en mandjies vol eet- en drinkgoed het die gaste begin opdaag.  Spoedig was daar sowat 40 inwoners van beide Park en Gardens gesellig aan die gesels en lag. Die nuwe vrywilligers wat sopas by die St. Johannis Organisasie aangesluit het, het dit geniet om te sien hoe lekker die inwoners by ‘n braaivleis kan kuier.  Baie dankie aan Günter en sy helpers wat  die kole gereedgekry het, asook diegene wat heerlike eetgoed saamgebring het. Kort voor lank het elkeen met ‘n bord braaivleis of wors gesit. Daar is selfs ‘n lekker ribbetjie en ‘n reuse steak opgemerk! Dit was ‘n ideale geleentheid om mekaar beter te leer ken.

Volgende keer maak ons weer so!

Wiekie Theron