Anita van Blerk het so pas by Park ingetrek. En saam met haar het Cheeky,  haar bekkige African Grey papegaai gekom!  Terwyl ek met Anita gesels het, het Cheeky net so hard saam gesels!

Anita en haar man het 32 jaar in De Tyger gewoon. Sy kom oorspronklik van die Paarl. Haar man was verbonde aan die ingenieurs-afdeling by Transnet, en sy was ‘n sekretaresse by ‘n prokureursfirma. Hy is in 2017 oorlede. Sy het nog aangebly in hul huis, maar het mettertyd besef om ‘n groot huis met lieflike onthaal area en tuin te versorg, al moeliker begin word as die kragte minder raak.  Aangesien sy hierdie area goed ken, was St Johannis Heim nie vir haar heeltemal onbekend nie. Nadat sy verkeie opsies oorweeg het, was St Johannis Park Aftree-oord haar keuse, veral die feit dat haar motor onderdak kan staan.

Anita het twee kinders:  ‘n seun en dogter, en sy is ook die trotse ouma van 4 kleinkinders: 3 dogters en ‘n seun.

Anita bly in A34. Vriende is welkom om haar te besoek. Maar wees versigtig: Cheeky hou nie van mans nie, maar is baie vriendelik met vrouens!

Ons wens haar ‘n gelukkige en lang verblyf toe.